The Ark leer kinders oor diereliefde
“Ons doel is om kinders te inspireer en op te voed oor dierewelsyn.”
Dit is die woorde van Ali Ryan, stigter van The Ark Rescue and Rehabilitation, ‘n organisasie wat diere van Omaruru, Karibib en Usakos help wat rehabilitasie benodig. The Ark is die enigste dierewelsynorganisasie van sy soort in die omgewing.
Intussen het The Ark met ‘n opleidingsprogram vir kinders genaamd Inspire vroeër vanjaar begin om dierewelsyn te bevorder.
Die program bied handige opleiding vir kinders soos die basiese beginsels van diere se voedsel, water, skuiling en veiligheid asook oor mediese sorg soos inentings, sterilisasie en parasietvoorkoming.
“Deur ‘n gevoel van verant-woordelikheid in jong kinders aan te wakker, glo ek ons lê ‘n grondslag vir ‘n meer deer-nisvolle samelewing, een skool op 'n slag,” sê Ali.
Tot dusver het The Ark opleiding in skole aan sowat 50 kinders gegee, terwyl nog 50 kinders The ARK besoek het en opleining ontvang het.
“Die projek groei geleidelik en dek tans alle plaaslike skole in Omaruru. Ons werk saam met Taking Hands Educational Centre. Ons het planne om volgende jaar na Karabib en Usakos uit te brei. Die kinders leer deur interaktiewe sessies, waar hulle nie net inligting ontvang nie, maar ook leer hoe om diere te hanteer.
Rochelle Markus (8), wat onlangs die opleidingsprogram deur The Ark bygewoon het, sê: “Ek het ‘n hond met genaamd Danger. Ek sê altyd vir die ander kinders hulle moet na hul troeteldiere kyk. Wanneer jy ‘n dier het, moet jy daarna kyk.”
Ali sê haar passie lê eintlik by wilde diere, maar sy het gou besef baie troeteldiere het hulp nodig en het besluit om iets te doen.
Tans word meer as 110 diere by The Ark gevestig - ‘n toevlugsoord vir hoofsaaklik honde en katte wat rehabilitasie benodig.
Ali maak seker elke dier ontvang individuele sorg tot hulle weer gesond en gereed vir aanneming is.
留言