top of page

Get your advertisement here! 

Have-a-Heart vier 11 jaar van omgee

Have-a-Heart, die droom van Outjo se wyle Lindie Prinsloo om troeteldiere van behoeftige mense oral oor die land te kastreer en basiese mediese behandeling te bied, is nou reeds elf jaar aan die gang.


Dít dansky talle vrywilligers en mense wat hulle harte en beursies oopmaak.

“Have-a-Heart het nou al in totaal 22 672 honde en katte en nege hasies reg gemaak en versorg. Hierdie jaar het ons alreeds 1 055 diere gehelp, waarvan 1 034 katte en 1 022 honde is. Ons het vanjaar ook mediese behandeling aan 55 honde en 43 katte gebied, soos byvoorbeeld dié wat deur voertuie raakgery is, oogontstekings, kanker of bosluiskoors het,” het Geesche Neuburg, 'n verteenwoordiger van Have-a-Heart, gesê.

Vanjaar is kastrerings en steriliseringsveldtogte reeds in 27 dorpe en stede gehou. Oor die afgelope elf jaar het Have-a-Heart al meer as 65 dorpe, stede en klein nedersettings besoek.


Beginjare

Wyle Lindie Prinsloo, wat die nood van diere in die informele nedersetting in haar tuisdorp gesien het, wou 'n verskil maak en het toe Have-a-Heart begin.

“Mense van lae-inkomstegroepe kan nie 'n veearts bekostig nie, maar dit beteken nie hulle is minder lief vir hulle diere of gee minder om nie,” het sy destyds gesê.  

“Almal wil ‘n gesonde troeteldier hê, maar die gebrek aan kennis is opvallend. Baie mense weet nie dat brandsiek of ‘help-my-krap-siekte’ deur goggas veroorsaak word en eintlik maklik met ‘n dip behandel kan word nie.”

Ná Prinsloo se voortydige dood in 2018 het Have-a-Heart-vrywilligers nie die pap op die grond laat val nie.


Behoefte is groot

“Ongelukkig is ons geld soms min en ons kan nie gereeld by al die plekke aandoen nie. Ons kry talle oproepe van mense, gemeenskapslede en veeartse wat vra wanneer ons weer kom,” sê Geesche.

Have-a-Heart behandel troeteldiere teen parasiete en ent ook elke dier teen hondsdolheid in.

“Hondsdolheid is nog steeds dodelik met ‘n sterftesyfer van 99.9%. Deur troeteldiere en hawelose katte in te ent, hou ons ook mense veilig,” sê sy.

Opleiding en die deel van inligting vorms steeds ‘n baie groot deel van die stigting se werk. Saam met die Pako Kids-tydskrif is belangrike inligting al met duisende mense gedeel.

“Die beste borge, veeartse en vrywilligers (meer as 50 van hulle) asook die mees verantwoordelike troeteldiereienaars is by Have-a-Heart betrokke,” sê Geesche.

“Vanjaar sal ons moontlik nie meer baie diere kan regmaak nie, want ons het op die oomblik nie baie geld nie.”

Om deel van Have-a-Heart te word of om 'n donasie te maak, besoek gerus hul Facebook-blad.



Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page