26 Jaar vir minderbevoorregte kinders
- 067triangle
- Aug 27
- 3 min read
“Hier is waar ek hoort”
Linda Pretorius het 26 jaar gelede haar gemeenskapsprojekte onder die naam Hearts Hands Voices op Grootfontein begin.
“Alles het begin toe sy met haar klein blou Nissan-bakkie uit Suid-Afrika aangekom het onder die vaandel van Serving in Missions (SIM) om sending-werk in die dorp te doen.
Toe ek op Grootfontein aan kom, het ek by ’n winkel gestop. ’n Klomp kinders was besig om in die asdromme vir kos te krap. Ek het daar en dan ge-weet ek is hierheen gestuur om met kinders te werk,” vertel sy.
Sy het met ’n sopkombuis begin 44 kinders van die Omulunga Primêre Skool in die Blikkies-dorp-informele nedersetting. Elke kind het daagliks ’n bord kos gekry.
“Vandag kry tussen 1 500 en 1 800 kinders, vyf dae per week, elke skooldag ’n bord kos. Dit sluit sowel skoolkinders as voorskoolse kinders in wat nog nie formeel in die skool is nie.” Linda kry daagliks hulp van vier ouers met kinders in die skool: Sevilina Hausona, Elizabeth Garies, Dina Hausona en Fatima Kaunawenu. “Sonder hulle kon ek dit nie regkry nie,” sê sy. “Dan is daar ook Pieter Xhiseb wat nie net in die tuin werk nie, maar my linkerhand is. Hy is al 25 jaar deel van al die gemeenskaps-werk.”
Die sukses van die sopkombuis lê egter ook in die breë gemeenskap se betrokkenheid: Bothma Trading, Otjiwanda Meat Market, Mediwiz Apteek, OK Foods, sowel as die Duitse Evangelies-Lutherse Kerk, NG Kerk en AGS, en talle individue. “Daar is boere wat tydens die jagseisoen help, groenteboere uit die Otavi- en Kombat-omgewing, en die Lions Grootfontein wat al jare saam met my by die sopkombuis betrokke is.”
Naaldwerkprojek
Linda het ook ’n naaldwerk-projek vir San-vroue in die Blikkiesdorp begin. Aanvanklik het sy ’n stoorkamer gebruik om kos vir kinders van die omgewing te stoor.
“Mense het gedurig in die stookamer ingebreek en it het net te erg geraak. Ek het met die skool gepraat en gevra of ons nie ’n naaldwerkkamer kan bou en kinders daar kan oplei nie.”
Die gang tussen twee klaskamers is toegemaak, vensters en
deure is ingebou, en ’n vol-waardige naaldwerklokaal is geskep met rakke, tafels, stoele en naaimasjiene.
Charlotte en Veronika gee die klasse. Die skool identifiseer kinders wat akademies sukkel, maar prakties sterk is, om aan die projek deel te neem.
“Die idee is dat die kinders later ’n inkomste uit hul handewerk kan verdien. In die toekoms wil ons ook seuns betrek en vaardighede soos sweiswerk en houtwerk aanbied, sodat hulle basiese praktiese kennis kan opdoen.”
Gospelkoor en Kersprojek
Verlede jaar het die Gospel Choir Rehburg-Loccum van Duitsland van die projek gehoor. Hulle het gehelp om ’n sementvloer in die sopkombuis te lê sodat die kinders nie langer in stof en modder hoef te sit nie, en het ook met die naaldwerkkamer gehelp. Samaritans Purse
Nog ’n groot been van die werk is die Samaritan’s Purse – Ope-ration Christmas Child-projek, waar kinders in die VSA Kers-feesgeskenkbokse vir kinders in nood pak. “Hierdie jaar is my laaste by Operation Christmas Child. Die afgelope seisoen het ek en my span in Boesmanland die bokse uitgedeel en ook Sondagskoolopleiding aan ver-skillende kerke se onderwysers aangebied. Ná 18 jaar se be-trokkenheid neem ek ’n rus-kans, terwyl ’n ander span oor-neem. Dit is een van die beste dissipelskap-projekte vir kin-ders.”
Hoe om te help
Linda sê daar is altyd ’n behoefte aan skryfbehoeftes. “Aan die begin van die jaar kry kinders ’n lys van benodighede, maar ouers in die informele ne-dersettings kan dit eenvoudig nie bekostig nie. Donasies van skryfbehoeftes is altyd wel-kom.”
‘n Lewe van Sendingwerk
Linda is al 47 jaar in sendingwerk betrokke. Sy het onder minderbevoorregte mense in informele nedersettings in Amerika, Madagaskar en Durban gewerk.
“Maar hier in Grootfontein is waar ek wil wees. Hier is ek gelukkig. Hier hoort ek,” sê sy met ’n glimlag.






















Comments