top of page

Get your advertisement here! 

Plaaskinders hier tuis

  • Writer: 067triangle
    067triangle
  • May 5
  • 3 min read

Die plaaslike boeregemeenskap van Otavi het in 1987 onder leiding van Helmut von Leipzig ’n koshuis vir die plaaskinders op die dorp gebou. In dieselfde jaar is die gebou geopen en die eerste kinders het in die koshuis ingetrek. 


Die  Johanniter Heim Khoaeb bied vandag ’n veilige hawe vir sowat 100 plaaskinders uit Otavi se omgewing sodat hulle die drie staatskole op die  dorp kan bywoon. 



Khoaeb het altesaam vier koshuise – een vir seuns en meisies van graad 6 tot 12. Elke gebou het ’n eie koshuismoeder wat 24 uur per dag aan diens is. Die regering subsidieer die koshuise per dag en per kind, ‘n subsidie wat 40% van die koshuis se uitgawes dek. Ouers dra ’n verdere 10% by terwyl die Johanniter-organisasie in Duitsland die ander 40% dek.

“Elke ouer betaal N$700.00 per termyn. In die negentien jaar wat ek nou al by Khoaeb betrokke is, was daar nog nooit ’n ouer wat nie betaal het nie. Elke ouer kom staan aan die begin van die termyn hier by die koshuis en betaal sy kind se geld. Dit is ongelooflik hoe hulle probeer om die beste moontlike grondslag vir hul kinders te gee,” het Marianne Sack, ’n boervrou en die verteenwoordiger van die Johanniter Hilfswerk, gesê.

Elke kind kry drie gesonde en gebalanseerde etes per dag, 24 uur se toesig, hulp met huiswerk en hulle kan aan verskeie sportkodes deelneem. Daar is ook ’n rekenaarsentrum met gratis internettoegang en twee mobile biblioteke.

Volgens Sack sien hulle duidelik dat bystand met skoolwerk vrugte afwerp. Vier afgetrede onderwysers en die vier voorskool onderwyseresse kom elke dag vir twee ure om die kinders met hulle huiswerk en studies te help. Khoaeb het vier koshuismoeders, twee kombuismatrones, drie voorskoolse onderwysers, ’n tuinier en ’n wasvrou in diens. Die personeel is vir alles  verantwoordelik en Sack kom net dan en wan om in te loer.

“Die vroue doen alles self – hulle hou boek, hanteer kosbestellings, stel die spyskaart op, en hou elke dag boek oor watergebruik. Hulle is in beheer. Hulle weet as die kinders ongelukkig of omgekrap is en gee dadelik aandag. Ons sou die koshuis nie sonder hulle kon bestuur nie,” het sy gesê.

Volgens haar is die bestendigheid van die personeel ’n reusevoordeel en is daar vroue wat al so lank as 27 jaar daar werk. In die jare wat Sack by die koshuis betrokke is, is daar nog nooit ‘n kind met dwelms of drank gevang nie.

“Ons het ook in negentien jaar nog nie ’n meisie gehad wat swanger geraak het nie. Ek skryf dit toe aan die toegewyde personeel wat elke uur van elke dag vir die kinders beskikbaar is.”

Die personeel kies self die kinders wat in die koshuis  opgeneem word en hulle moet  aan sekere vereistes voldoen,

onder meer dat hulle plaas-werkers se kinders moet wees en hulle nie mag druip nie.

In 2012 het ’n voorskool vir 40 kinders met drie onderwysers op dieselfde perseel geopen. Hier word die kostes deur Johanniter Hilfswerk Namibia gedra. Tien van die kinders in die groep se ouers is plaas-werkers terwyl die ander uit Otavi se informele nederset-tings kom. Ouers moet elkeen N$150.00 per maand per kind betaal.

“Baie ouers uit die informele nedersettings kan nie vir hul kinders betaal nie en dan word hulle deur ‘n stigting in  Duitsland gefinansier,” het Sack gesê.

Die Johanniter Hilfswerkorga-nisasie ondersteun 17 leergestremde kinders wat by die Primêre Skool Shalom skoolgaan. By die Sekondêre Skool Khorab ondersteun Johanniter Hilfswerk in samewerking met die Liselotte Stiftung van Duitsland die naskoolopleidingssentrum, waar kinders

handwerk doen en onder andere sweis en gasvryheid leer.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page