Opvoeding van kinders sy lewe
Eerwaarde Amathila van Tsumeb is oortuig dat kinders bo hulle omstandighede kan uitstyg.
Tanja Bause
“Ek hoop ons kan meer kinders van die straat af vat en in ’n klaskamer sit. Om hulle daar te hou totdat hulle klaar met skool is. Tot hulle selfstandig is en op hulle eie voete kan staan en die gemeenskap kan verbeter. Dit kan gedoen word. Ons kan dit doen as ons en die kinders saamwerk. Dis belangrik om as ’n gemeenskap vorentoe te beweeg,” het eerwaarde Edward Amathila (56), die stigter van die Tov-liefdadigheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb, gesê.
“Tov wil ook baie meer selfvoorsienend wees en ek dink landbou is die toekoms en nie borge nie. Ek is nie ondankbaar vir finansiële ondersteuning nie, maar ons moet ook op ons eie voete begin staan.”
Hy is in Walvisbaai gebore, hy sy skool in Windhoek voltooi voordat hy vir Tov in 2001 in Tsumeb begin het.
“Ek het in Walvisbaai my laerskool voltooi. Daar was nie ’n hoërskool nie en ek is na die Sekondêre Skool Augustineum in Windhoek gestuur.
”By die skool het hy vir ds. Willem Conradie van die Scripture Union ontmoet.
“Ek het in 1988 – toe ek in matriek was – by hulle aangesluit. Ek het hom genader en gesê ek wil soos hy wees en van daar af het ek alles wat ek doen, op die plaas en die kinders, by hom geleer. Hy het ’n ongelooflike passie vir kinders gehad.
”Ná sy jaar as vrywilliger by Scripure Union het Edward vir vier jaar teologie gaan studeer. Hy het daarna Tsumeb toe getrek en vir die volgende tien jaar by die Assembly of God bedien en vir Tov begin.
Sentrum
“Ek wou iets vir die kinders doen en het terug na my passie gekeer. Wanneer jy iets doen wat ’n passie is, iets waarvoor jy gebore is, het jy nie ’n salaris nodig nie, want jy lewe en doen waarvoor jy op aarde geplaas is. Jy moet doen wat jou gelukkig maak en die geld sal volg.
Na Covid 19 het donasies baie veminder en moes Tov ook noodgedwonge hulle kinder getal verminder.
“Daar was nie genoeg geld nie. Ons het nou net 15 kinders by die sentrum wat nog op skool is en wat ons kan versorg.”
Projekte
Volgens hom is baie liefdadigheidsorganisasies te afhanklik van borge; iets wat nie volhoubaar is nie.“Ons probeer om minder afhanklik te wees. Ons het ’n stuk grond gekry waar ons beeskrale en hoenderhokke opgesit en groente aangeplant het. Ons sê koop eiers by ons en ons hou ’n kind in die skool met ’n vol maag.”Tov het 2 000 le hoenders en in hulle tuin tans watlemoen geplant sodat hulle ‘n inkomste kan genereer.
Ongelukkig het baie van die skenkers onttrek en hulle het tans ‘n problem om genoeg geld vir die voer van die hoenders te genereer.“Die kos is die groot ding in hierdie besigheid. Ons het dringend kos nodig vir die hoenders. Anders sal ons die hoenders begin verloor.”
“Die kinders gaan help ook op die plaas wanneer dit byvoorbeeld oestyd is. Hulle moet besef niks in die lewe is verniet nie en jy moet werk om iets te kry. Dis ook hoekom die kinders voor die eksamen dans om geld in te samel. Hulle dans hier by die sentrum en mense skenk geld sodat ons voedsame kos tydens die eksamentyd vir hulle kan koop.”“As jy iets nie ken nie of nie weet hoe dit werk nie, vra dan diegene wat kennis daarvan het. Vra vir hulp. Dis geen skande om vir hulp te vra nie,” hy hy mee afgesluit.
Comentarios