top of page

Get your advertisement here! 

Otji se boeretroos-fabriek

“Ek het 'n passie vir koffie en ook om mense van koffie te leer. 

Ek doen graag ‘cupping’ (koffie-proe) saam met mense om hulle die fyner smaak van koffie te leer.”

So gesels koffiemeester Albert le Roux oor sy koffiefabriek, Le Roux Brew CC, wat onlangs op Otjiwarongo gevestig is.



“Of jy strate vee of burgemeester is, hier kry elke kliënt persoonlike aandag. Ek of my vrou maak self die koffie of broodjies, met liefde.” 

By Le Roux Brew word die heerlikste koffie gerooster van bone uit Brasilië,  Ethiopië en Uganda.

“Oor die proses kan ons nie te veel uitlap nie, maar ek glo die humiditeit en hoogte bo see-vlak, metode van rooster en die meng van ons koffie maak dit uniek in die wêreld,” vertel Albert.


‘n Fabriek

Le Roux Brew is egter ‘n koffiefabriek en nie ‘n koffiewinkel nie, verduidelik hy. “Alhoewel ons koffie met ligte etes bedien, is ons hoofdoel om koffie te rooster en om koffie-winkels, lodges, restaurante en hotelle van koffie te voorsien. 

Dit sluit in enige koffie-ma-sjiene, -toerusting en -toebe-hore wat nodig mag wees om koffie aan hul gaste te be-dien.”

Hoekom op Otjiwarongo?

 Otjiwarongo is op baie van die hoofroetes van en na die noorde, kusgebied, sentrale Namibië en suide geleë.” 

Albert vertel hy het in 2020 na Otjiwarongo verhuis en in 2022 “die stap van geloof geneem” om die fabriek te registreer. Sy banklening is toegestaan en Le Roux Brew CC kon sy deure oopmaak. 


“Ons het alles bestel wat nodig was en die res self gebou. Dit sluit in die rakke, tafels, stoele en toonbanke. 

Waar het die liefde vir koffie vir Albert begin? 

“In 2006 het ek alkohol opgegee en begin koffie drink. My koffie-rekening was so hoog, ek moes koffie begin bemark om sodoende korting op die koop van hoër hoeveelhede te kry.

Ek het vir Cafe da Pino in Wynberg, Johannesburg koffie bemark. 

Elke keer as ek koffie gaan haal het, het ek gesien hoe koffie gerooster word. Sedert 2012 het ek gebid en gevra vir die guns van God om ons eie koffie-roostery te laat realiseer.


Troue

Albert sê alhoewel hy aan-vanklik die avontuur alleen aangepak het, versterk sy wederhelfte nou sy hand met haar heerlike beskuit en kos. 

“Le Roux Brew was aanvanklik nie ‘n familie-onderneming nie. Eers was dit net God en ek, maar in Augustus 2023 het ek en Ronel getrou - hier in die koffiefabriek. “Pastoor Peter Diekman, die pre-sident van die CMA (Christian Motorcyclists Association Nami-bia) het ons getrou,” vertel hy. 


Produkte

Albert sê Le Roux Brew verkoop koffie, maar ook alle koffie-toerusting en masjiene.  Hulle verkoop verder HABA Sauces wat in Usakos gemaak word – ‘n baie unieke peri-peri sous met 'n habanero-basis. “Ons bemark ook vars bokmelk van die Cheetah Conservation Fund (CCF), 40 km buite die dorp.”

Hy sê Le Roux Brew se koffie word ook op Hentiesbaai by Stefaans se Hartland verkoop. “Tans is dit slegs by Food Lover's Market in Windhoek op die rak. Ons koerier dit egter oral heen.

“When you support a small business, you’re supporting a dream,” sê Albert.


Le Roux Brew se addres is  15, Dr. Libertina Amathila-straat in Otjiwarongo. 

Volg die koffie-fabriek op Facebook of kontak hulle by 081 7969 163 of stuur ‘n e-pos na  sales@lerouxbrewcc.net.

Comentarios


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page