top of page

Get your advertisement here! 

Vasbyters: Van Otjiwarongo na die see

Tydens Otjiwarongo se 4x4 Vasbyt-geleentheid op 16 September is die drywer Daniel van Rhyn en sy mede-bestuurder Danielle van Rhyn, ‘n pa en dogter, as die algehele wenners aangewys. In die tweede plek was die drywer JR la Cock en sy mede-drywer Enrique van Zyl. Die derde plek is opgeraap deur die drywer Francois du Plessis en sy mede-drywer en dogter, Lee-Ann du Plessis.

Vasbyt-entoesiaste wat die onlangse 4x4 Vasbyt-geleentheid op Otjiwarongo misgeloop het, kan op 30 Desember dit in Walvisbaai gaan kyk – ‘n jaarlikse hoogtepunt op die vasbyters se kalender.

Só gesels Bianca Oosthuysen, hooforganiseerder van 4 x 4 Vasbyt Namibië.

Sy sê vanjaar se Vasbyt by die see sal nie soos altyd by Duin 7 wees nie, omdat die konsessie vir die gebied verander is. Daar word tans ‘n nuwe perseel voorberei en belangstellendes kan hul Facebook-blad dophou vir meer inligting hieroor.



Otjiwarongo se wenners

Tydens Otjiwarongo se 4x4 Vasbyt-geleentheid op 16 September is die drywer Daniel van Rhyn en sy mede-bestuurder Danielle van Rhyn, ‘n pa en dogter, as die algehele wenners aangewys. In die tweede plek was die drywer JR la Cock en sy mede-drywer Enrique van Zyl. Die derde plek is opgeraap deur die drywer Francois du Plessis en sy mede-drywer en dogter, Lee-Ann du Plessis.

Bianca verduidelik dat altesaam veertien voertuie vir die afgelope Vasbyt ingeskryf het. “As almal egter inskryf, is ons 17 voertuie. In Otjiwarongo is daar sowat ses of sewe Vasbyt-karre, dan het mense in Tsumeb en Omaruru, Windhoek, Mariental en Walvisbaai ook karre. Die Vasbyters kom werklik van oral oor die land af,” het sy gesê.

Sy sê ook daar word gewoonlik vyf Vasbyt-geleenthede per jaar gehou. “Gewoonlik twee in Walvisbaai, een op Omaruru en twee op Otjiwarongo.”

Die Vasbyters bestaan uit twee klubs, maar enige een wie se voertuig aan die vereistes voldoen, kan vir die vasbyt inskryf. Die vereistes sluit onder meer in dat jou voertuig oor die nodige rollerstawe moet beskik, nette langs die kante hê, deure wat kan toemaak asook ‘n vyf-punt veiligheidsgordel.

“Die sport kom al baie jare. Vroeër jare was dit in Otjiwarongo aangebied en het dit doodgeloop. Sedert 2014 bied ons dit weer op Otjiwarongo aan,” sê Bianca.


So werk dit

Daar is twee klasse – die een is standaardklas en die ander ‘n gevorderde klas, waar voertuie oor bykomende toebehore of hulpmiddels beskik. Elke deelnemer het tien fases om te voltooi, maar die laaste twee fases word op ‘n pro-rata basis voltooi.

Bianca verduidelik dat jy die eerste agt fases met 60 punte begin. Punte word afgetrek soos jy foute maak – naamlik om ‘n paaltjie te tref of as jy noodgedwonge agteruit moet ry. As jy nie ‘n fase kan voltooi nie, kry jy nul punte daarvoor.

Die laaste twee fases is die ‘tyre en moddergat’-fases. Jy ry tot waar albei jou voorwiele loop staan en kry dan ‘n punt uit 60. Daar word dan ‘n eerste tot derde plek onder die twee klasse gekies, asook algehele wenners vir die dag.

Vir meer inligting, volg die Facebook-groep 4x4 Vasbyt – Namibia.

Commentaires


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page