top of page

Get your advertisement here! 

Heerlike gees by ribbraaikompetisie

Die Lions Club het op Saterdag 12 Oktober vanaf 10:00 ‘n Rib Braai en ‘n Braai Pie Kompetisie ten bate van die Karl Albrecht aftreeoord op Grootfontein aangebied.



Pieter Joubert en Louis Pretorius is as die braaikonings by die Lion’s Club se ribbraaikompetisie aangewys. ‘n Goeie gees het onder deelnemers geheers en kinders het die kindervermaak geniet, terwyl enige belangstellendes genooi is om hul produkte gratis op die dag te kom uitstal. 

‘n Veiling is ook aangebied, waar slagskape, eland-karkaste, groentes, ‘n Zebra-jag en braaihout wat opgeveil is. 


Dankie borge

Die dag is moontlik gemaak deur borge wat insluit Shell Maroela Motors, Engen SF Motors, OK Fonteine Trading, Bothma Trading, The Farm Shop, Tyre Max, Mendacom, HH820, Roy’s Rest Camp, die Grootfontein Rugby Club en Grootfontein Courtyard.

Ander individuele borge is Friedel Blume, Jannas Potgieter, Gert Pretorius, Dawie Kok, Dr. Jens Kahler, Stefan Jacobs, George Sievers, Tiffie Coston, Bennie Boshoff, Danie Otto, Gerrit Breedt, Jors Robberts, André Bothma en Henry Mudge.


Ribbraai-wenners

Braai Koning: Silence of the Lamb, Pieter Joubert en Louis Pretorius

2de en beste nagereg: Namcool, Fabian Giersch-span

Beste gees: Grootfontein Rugby Club

Beste Braai Pie: Gert du Preez

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page