top of page

Get your advertisement here! 

Sampioentee vir ontbyt?

Die noorde se Ndaka Mushrooms maak nou sop, tee én koekies!


Ndaka Mushrooms bied nou ‘n gesonde tee vir sy kliënte.

“Sampioene word vir dekades lank al vir hul gedsonheidvoordele gebruik. Die idee met die tee is om die voedingstowwe en die medisinale eienskappe - wat in sekere sampioenspesies voorkom - te benut. Dit word in die vorm van ‘n gerieflike, strelende tee aangebied,” vertel Ndaka Mushrooms & Processing se Abner Ndakalako Tomas uit die Oshikotostreek.

“Die idee met die sampioentee is om hierdie voordele meer toeganklik te maak. Deur sampioene in ‘n tee te omskep, bied jy ‘n eenvoudige manier om hulle voordele te geniet.”

Volgens Abner het sampioentee ‘n unieke geurprofiel - aards, ryk en effens hartig - anders as tradisionele kruie- of swart tee.

“Sampioene word vir dekades lank al vir hul gedsonheidsvoordele gebruik. Die idee met die tee is om die voedingstowwe en die medisinale eienskappe - wat in sekere sampioenspesies voorkom - te benut. Dit word in die vorm van ‘n gerieflike, strelende tee aangebied,” vertel Ndaka Mushrooms & Processing se Abner Ndakalako Tomas uit die Oshikotostreek.

“Die idee met die sampioentee is om hierdie voordele meer toeganklik te maak. Dit is ‘n eenvoudige manier om hulle voordele te geniet.”

Sampioene, veral variëteite soos oester en reishi, word al eeue lank as tradisionele medisyne gebruik. Hulle is propvol vitamiene, minerale en antioksidante.

Reishi-sampioene is veral bekend vir hul immuun-versterkende en anti-in-flammatoriese eienskappe, terwyl oestersampioene byko-mende voedingstowwe bevat wat lewenskragtigheid en jou gesondheid ondersteun.

 



Ndaka se beginjare

“Vandat ons in 2020 met ons sampioen-besigheid begin het, het ons van ‘n oes van 10 kg na meer as 100 kg gegroei.

“Ons het boonop ‘n sampi-oensop en -tee by ons gewilde koekies bygevoeg.

“Die koekie-resep is gebaseer op die gewone gemmer-koekie, maar omdat ek ‘n sampioenboer is, het ek besluit om ‘n koekie te maak wat soos sampioene proe.

“Ek het dit in my plaaskombuis gemaak en tot my verrassing het dit perfek uitgekom. Dit proe baie lekker,” sê Abner.

 

Passievol oor sampioene

Gedurende die reënseisoen groei daar ‘n verskeidenheid wilde sampioene oraloor die land., vertel Abner.

“Ons het altyd onder die toesig van volwaseness sampioene soos omajova, !naba, kakala-hambo en oshaamuya gaan versamel.”

Dit is waar sy passie vir sampioene ontstaan het.  Abner kweek tans vier verskillende soorte oester-sampioene asook die shiitake-, knopie (button mushroom)- en reishi-sam-pioene.

“Ek verkoop die sampioene vars, maar droog dit ook uit.”

Abner verkoop verder beginnerspakette vir die wat graag met sampioene wil boer, soos sampioensade en gereedom-te-groei-sampi-oenkweekstelle.

Vir mense wat belangstel, verskaf hy ook praktiese opleiding in die verbouing  en kweek van sampioene en verwante dienste.

Sy produkte kan aanlyn by www.ndakamushrooms.com of in verskillede winkels gekoop word.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page