top of page

Get your advertisement here! 

Pluimpie vir splinternuwe boeremark

Die eerste boeremark, aange-bied deur die Grootfontein Skouvereniging op Saterdag 29 Junie, is deur beide uitstallers en die skoukomitee as ‘n reusesukses beskryf. Dit word as ‘n goeie grondslag gereken vir die tweede boeremark wat op 26 Oktober vanjaar sal volg.



Die geleentheid is in groot getalle deur die gemeenskap bygewoon en alles van gebak, plaasprodukte, handgemaak-te produkte, kuns-items, klere, ‘n koffiekroeg en juwele is te koop aangebied. Kinders het hulself geniet met die perdry, spookhuis en video-speletjies wat beskikbaar was. Uitstal-lers kon boonop gratis kom uitstal.


“Wat ‘n heerlike dag was dit nie! Die samesyn was meer as waarvoor ons kon hoop. Dit het net só reg gevoel. Baie dankie aan elkeen wat kom inloer het,” sê Nita Pretorius, skoupresident oor die geleentheid.


Die boeremark word deur die skouvereniging beskou as beide ‘n geleentheid om geld vir die jaarlikse skou in te samel terwyl dit ook ‘n onbaatsugtige diens vir inwoners van die plattelandse dorpie moet wees.


“Dis met groot waagmoed dat ons ons eerste boeremark aangebied het, tog beskou ons dit as ‘n manier om dankie te sê en terug te gee aan ons mooi gemeenskap.


“Almal is genooi om hul hand- en tuisgemaakte items te kom verkoop. Dit was vir ons ‘n riem onder die hart om te weet op die manier help ons huishoudings om ‘n bykomende inkomste te hê,” sê sy.


Nita beklemtoon die Grootfontein Skou se voortbestaan is afhanklik van die ondersteuning van vertoners, uitstallers en die groter gemeenskap. “Hierdie is ‘n gemeenskap wat  ons altyd ondersteun – ook in die swak jare wanneer die droogte of finansies knyp!”


Sy sê ‘n tweede boeremark sal – soos versoek deur die publiek – weer op 26 Oktober aangebied word. “Hierdie keer bied ons iets meer aan. Hou die media dop!”


Intussen kan daar uitgesien word na die jaarlikse Grootfontein Skou wat van 18 tot 20 September op Grootfontein se skougronde aangebied sal word. Die komitee is reeds hard aan die werk om daarvan ‘n onvergeetlike geleentheid te maak. Vir meer inligting, besoek www.grootshow.com of volg die Grootfontein Show Society se blad op Facebook.

Comentarios


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page