Bekende Outjo-boer ontwerp bordspel oor boerdery

Farmwise, ‘n bordspeletjie oor boerdery wat ontwerp is deur Piet Gouws, ‘n boer uit Outjo-omgewing en voormalige president van die Namibië Landbou Unie (NLU) is eindelik by Sam's Hobbies and Toys in Windhoek te koop.
Piet is ook die voorsitter van die Excelsior Boerevereniging by Outjo.
Die Namibies-ontwerpte bordspeletjie leer jou oor boerdery en kan as ‘n leersame gesinsaktiwiteit geniet word, terwyl dit ook aanbeveel word vir voornemende boere, kommunale boere en selfs vir plaasboere en hul werkers. Dit leer spelers oor boerderye in die Namibië en verskeie situasies wat in 'n kommersiële boerdery voorkom.
Dit kan ook die verhouding tussen plaaswerkers en -eienaars verbeter en hulle help om die ekonomie en verskeie boerdery-aspekte beter te verstaan.
Dit is van die beste gehalte en plaaslik vervaardig.
Vir elke bordspel wat verkoop word, gaan 40% van die opbrengs aan ‘n fonds wat die Landbou Werkgewersvereniging (LWV) administreer vir beurse en bystand vir tersiêre onderrig.
Comments