top of page

Get your advertisement here! 

Outjo kry opleidingsentrum

Shadonai Training Academy kom platteland toe, wat beteken enige een sal geakkrediteerde kwalifikasies in onder meer gewasproduksie, lewendehawe bestuur, hoenderboerdery en akwaponika op die platteland kan verwerf.


Johan Potgieter, beter bekend as die konynboer van Oholle Farming by Karibib, gaan nou sy kennis oor konynboerdery en meer in ‘n formele opleidingskursus op Outjo deel.

Inteendeel, hy en ‘n reeks ander kenners gaan opleiding in onder meer gewasproduksie, lewendehawe bestuur, hoenderboerdery en akwaponika aanbied onder die vaandel van die Shadonai Training Academy aanbied – ‘n nie-winsgewende opleidingsentrum wat daarvoor bekend is dat dit jare lank reeds opleiding in verskeie skoonheidskursusse aanbied.

Potgieter is een van die direkteure van die sentrum, wat nou op Outjo gevestig is.

“Alle kursusse is geakkrediteerd en jy sal uit sowat 200 nasionale kwalifikasies by die sentrum kan kies.

“Daar is ook 37 internasionale vaklyne en meestersklasse of vaardigheidsklasse. Die meeste van die vakke beslaan uit sowat 70% praktiese werk en 30% teoretiese werk,” het Johan vertel.

“Dit is vir die outjies wat hul voete en hande wil vuilmaak en wil doenig raak. Boerdery is eindelik iets prakties. Dis wonderlik om teoretiese kennis te hê, maar om vas te stel of iemand suksesvol gaan wees, is praktiese vaardighede nodig.

“Ons neem hande met die gemeenskap. Daar waar ons tekort skiet, kry die studente ‘n geleentheid om byvoorbeeld by boere op plase te gaan werk en praktiese ervaring te gaan opdoen. Mense wat lank reeds prakties in die onderskeie rigtings werk, vorm ‘n integrale deel van die opleidingskursus,” het hy vertel.


Shadonai sal verder ‘n Christelike-brugjaar aanbied vir jongmense wat nog onseker oor hul toekoms is, asook opleiding in gesondheid- en veiligheid, noodhulp en fiksheid. Die opleiding in skoonheidsrigtings word ook steeds aangebied.

20 jaar ervaring

Johan vertel sy ma het Shadonai begin toe hy nog baie klein was en dit was altyd ‘n opleidingsentrum vir “vroue-goedjies”. Dit is ‘n kollege wat al 20 jaar in die bedryf is, en wat nou net uitgebrei het om nuwe kursusse in te sluit.

“Die sentrum op Outjo is nuut. Tans het ons sowat 30 klaskamers – dit is ‘n ou hospitaal op Outjo wat ons omskep het – waarin opleiding aangebied gaan word.

“Daarbenewens het ons ‘n 600 ha proefplaas en ‘n hotel wat ‘n koshuis is vir van die deeltydse en voltydse opleiding,”vertel hy.

Die magdom ervaring van 20 jaar beteken egter die sentrum beskik oor al die nodige vaardighede en ervaring.

Johan het verduidelik dat hulle voorsiening maak vir oud en jonk, met langer programme wat oor jare strek vir skoolverlaters tot kortkursusse vir werkende mense wat tydens hul verlof ‘n vaardigheid wil kom aanleer.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page