top of page

Get your advertisement here! 

Wanda se behandeling ‘vaar goed’

  • Writer: 067triangle
    067triangle
  • Mar 6, 2023
  • 2 min read

Updated: Oct 27, 2023

Wanda Jacobi-Kirchner, die 35-jarige ma en oud-Grootfonteiner wat tans gespesialiseerde behandeling teen ‘n seldsame kanker in Duitsland ontvang, het ná haar eerste bestraling verlede week Woensdag (15 Feb.) laat weet dit het “baie goed” gegaan.

ree

“Die masker gaan nie my gunsteling bybehore wees nie, maar dit is draaglik. Gelukkig is die individuele terapieë kort. Ons sal sien wat die volgende dae sal bring, maar ek het vertroue,” het sy vir vriende en familie laat weet.

Sy sê hul verblyf in Essen, Duitsland is aangenaam en dat daar ‘n speelgronde naby vir Fabi, haar seuntjie is.

“Boonop is ons bly oor die sonskynweer oor die afgelope dae en voel ek ‘tuis’ op die oomblik. Dankie dat julle aan ons dink, dit dra ons daagliks en dit beteken baie vir my.”

Dit volg nadat ‘n veldtog deur familie en vriende om sowat N$1,32 miljoen vir Wanda se behandeling in te samel, oorweldigende steun ontvang het. Die geld en meer is in bietjie meer as ‘n week ingesamel.

Wanda het in ‘n Whatsapp-boodskap uit Duitsland laat weet dat sy nooit sou raai soveel mense sou haar ondersteun nie.

“Ek is netso oorweldig, ontroer en dankbaar. Ek kan dit nie in woorde beskryf nie, ek is sprakeloos,” het sy gesê. Sy het aangedui dat enige geld wat oor is, aan die Okanti Foundation geskenk sal word.

Sy moet altesaam 33 bestralings kry – elke sessie duur sowat ‘n halfuur en sy ontvang die behandeling vyf dae per week.

Wanda is reeds in 2019 met chondrosarcoma gediagnoseer, ‘n rare tipe beenkanker waarvoor sy operasies ontvang het om dit te verwyder. Die kanker het ongelukkig teruggegroei – en die keer druk dit teen haar regteroog se optiese senuwee. Dit is ook baie naby aan ‘n slagaar, wat beteken bestraling is al opsie wat oorbly.

Sou sy gewone bestraling plaaslik ontvang, kan dit haar in beide oë blind maak. Daarteenoor beteken die gespesialiseerde proton-bestraling in Essen, Duitsland se West German Proton Therapy Centre, dat sy in die ergste geval, net skade aan een oog sal hê.

Wanda het in haar fondsinsamelingsbrief gesê haar grootste wens is om haar 22-jarige seuntjie te kan sien grootword.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page