top of page

Get your advertisement here! 

Vuurwa-toer besorg nostalgie

‘n Groep vriende se toer met klassieke motors verby vyf noorde-ouetehuise het vir gróót nostalgie gesorg. Terselfdertyd is skenkings van N$2 000 tot N$4 000 uit die groep se eie sak aan elke tehuis gemaak. “Ons is ‘n groep vriende met ‘n passie vir klassieke, ouer motors.



“Ons het op 8 April by die ouetehuis op Omaruru weg-gespring en daarna ook by die ouetehuise op Outjo, Tsumeb, Grootfontein en eindelik op 12 April op Otjiwarongo gestop,” sê Omaruru se Simon van Zyl. 

Hy sê die klassieke motors trek onmiddelik die mense in die strate se aandag as hulle deur die dorpe ry.

 “Veral die ou ooms raak baie nostalgies oor die karre. Van hulle het sulke voertuie besit. Dit maak vir heerlike, humoristiese gesprekke,” vertel Simon. 

“Ons wil ‘n jaarlikse instelling van die ‘road trip’ maak. Dit het verlede jaar begin met ‘n toer tot op Lüderitz, waartydens ons ook skenkings aan ouetehuise gemaak het. 

“Ons is van mening as ons geld op die voertuie kan spandeer, kan ons ook geld vir ‘n goeie saak skenk,” sê hy.

Simon, wat sê hy woon tussen Omaruru en Walvisbaai, het op Omaruru die Traffic Cars winkel gehad waar klassieke karre restoureer is. Alhoewel die winkel sy deure vroeg vanjaar gesluit het, leef Simon en sy vriende se passie vir klassieke karre voort. 

“Ons hoop om volgende jaar dalk ‘n sloertoer na die Ooste aan te pak. Ons doen dit gewoonlik tussen Maart en April en adverteer dit wyd en suid. Mense wat graag ook iets deur ons wil skenk, is welkom.”
















Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page