Roemryke Highland Joe
Terug in sy heimat vir aftrede
Ná 'n roemryke loopbaan waartydens die saalperd Highland Joe vier keer as die Suid-Afrikaanse Groot-kampioen aangewys is en verskeie ander kampioene geteel het, gaan hy nou aftree.

Die ou man is tuis. En dít in die mooi van die Mieliedriehoek – ook sy heimat.
Die uitsonderlike saalperd, nou 21 jaar oud, behoort aan die teler Johan Pretorius wat net buite Grootfontein boer. Johan skou reeds sedert 1974 met perde op Grootfontein.
Highland Joe spog ook met 'n ewe roemryke nageslag waar-onder Ultimate Joe - wat ses jaar lank die Suid-Afrikaanse Grootkampioen was – en baie van sy ander vullens wat ook as kampioene gekroon is.
“Ons wil hom graag vanjaar tydens Grootfontein Landbou-skou amptelik aftree. Dit was hier waar hy sy eerste vertoning gedoen het en ook hier waar ons hom 'n laaste keer wil uitspan,” sê Pieter Burger, wat na homself as die “nie amptelike, inwo-nende afrigter” van Johan se Magic-Model Saalperdstoet ver-wys.
Pieter sê Johan is sy mentor, maar ook ‘n beste vriend wat saam met hom oor Highland Joe droom en vir wie hy tans 'n paar belowende jong perde ontwikkel.
Dit was ook Pieter wat verlede jaar vir Highland Joe in Suid-Afrika gaan haal het waar hy die afgelope 16 jaar in die bekwame hande van onder meer die perde-afrigter Paul Coetzer was. Op 29 November het Joe veilig op die plaas Ohama buite Grootfontein aangekom. “Perde vergeet nie,” antwoord Pieter op die vraag of Joe sy huis onthou. “Dit gaan baie goed met hom,” sê Pieter.
Roemryke loopbaan
Highland Joe is op 29 April 2002 met ‘n plooi-vel gebore, amper soos die van ‘n swakara skaap. Die vel is kenmerkend aan die vullens wat sy pa, Coronato Kings Highlander, geteel het.
“Dit was van die begin af duidelik dat hy uitsonderlik is,” het Johan aan die tydskrif The International Show Horse in 2011 gesê. “Hy was anders as waaraan ons gewoond is. Hy het uitgestaan onder die jaar se vullens – nie net oor hoe hy lyk nie, maar ook wat sy maniere betref.”

Joe se ouers
Johan het Joe se pa jare gelede vir R50 000 by die Suid-Afrikaanse teler Giel Pienaar gekoop.
Coronato was uitsonderlik vir sy tyd, het besonderse vullens gelewer en was self vol beweging, met ‘n uitstekende temperament. Joe se ma was die ewe uitsonderlike merrie Call me Godiva, wat aanvanklik aan Sakkie Smit behoort het en ‘n sagte temperament gehad het.
Johan het in September 2006 die eerste keer met Highland Joe op Grootfontein geskou, waar be-oordelaar George Borcherds gesê het dat die saalperd “uitsonderlik mooi” is en dat hy toe al geweet het Joe is spesiaal.
Prestasies
Onder die afrigter Paul Coetzer se bekwame hande was Joe in 2007 dié ster op Bloemfontein se skou. In 2008 maak Joe sy vyfde verskyning in die skouring en word hy as die Suid-Afrikaanse Siertuigkampioen gekroon – met Paul agter die leisels.
In 2010 ervaar Joe ‘n terugslag met ‘n heupbesering en kom hy derde in die Nasionale Siertuig-
kampioenskappe. Selfs tydens ‘n moeisame pad na herstel ver-ower Joe in dieselfde jaar die titel vir reserwe kampioen tydens die Parys Kersfeesfees.
In 2011 is Joe terug met mening by die Suid-Afrikaanse Nasio-nale Kampioenskappe: Hy her-win sy regmatige plek as die Suid-Afrikaanse Siertuig-kampi-oen – met beoordelaars wat een-parig op hom as die wenner besluit het.
Nog roem
Daarna volg verdere groot roem vir Joe, wat insluit dat hy weer in 2016 op Bloemfontein as die Suid-Afrikaanse Grootkampioen aangewys word, met afrigter Paul Tau agter die leisels. Ten spyte van verskeie aanbiedinge om Joe te koop, wou Johan niks daarvan weet nie.
Tans tree Joe af aan die sy van ‘n paar uitgesoekte merries, terwyl Pieter hom voorberei vir sy laaste amptelike vertoning – ‘n aftreeseremonie waartydens eienaar Johan self die leisels sal vashou.
Comments