top of page

Get your advertisement here! 

Oud Otjiwarongo-nooi gegroet

Selfs president Dr. Nangolo Mbumba het op die laataand van 20 Mei sy medelye uitgespreek met Ronelle se heengaan. Haar roudiens word môre (Saterdag 1 Junie) by die NG-kerk in Eros, Kuisebstraat gehou.

Ronelle Rademeyer (56), ‘n plaasnooi van Otjiwarongo en voormalige nuusredakteur van Republikein se roudiens word môre (Saterdag 1 Junie) by die NG-kerk in Eros, Kuisebstraat gehou.


Dit volg nadat sy op 20 Mei haar stryd teen kanker in Windhoek verloor het, met honderde Namibiërs, vriende en kollegas wat hul hartseer oor haar heengaan uitgespreek het. Sy is beskryf as ‘n uitnemende joernalis en mentor vir menigte, dog ook een van die mooiste mense in karakter en siel wat vir almal die voorbeeld gestel het van wat omgee, deernis en menslikheid beteken het.


Selfs president Dr. Nangolo Mbumba het op die laataand van 20 Mei sy medelye uitgespreek met Ronelle se heengaan: “Ek verneem met hartseer van die afsterwe van die ervare joernalis, Ronelle Rademeyer. In haar onderskeie rolle, insluitende as die nuusredakteur van Republikein en sekretaris-generaal van die Redakteursforum van Namibië (EFN), was sy ‘n passievolle joernalis wat ‘n kernrol in die bevordering van die media- en joernalistieke-landskap in Namibië vertolk het.


“Sy sal onthou word vir haar toewyding aan etiese joernalistiek en persvryheid. Terwyl selfs die presidensie en regering ‘n waardevolle mediavennoot verloor het, vind ons troos in haar enorme bydraes tot die ontwikkeling van joernalistiek en die professionele pers in Namibië. Namens Namibiërs en die Namibiese regering spreek ek my diepste medelye teenoor haar man, kinders, familie en meidia-kollegas uit. Mag God vertroosting in hierdie moeilike tyd bring,” het die president gesê.


Ronelle se loopbaan as joernalis het 33 jaar gelede by Beeld se kantoor in Pretoria afgeskop. Sy was ook vir ’n paar jaar deel van die tydskrif Sarie se redaksie in Sandton voor sy en haar gesin in 1998 teruggetrek het Windhoek toe en sy by Republikein aangesluit het, waar sy tot haar uittrede nuusredakteur was.


Ronelle laat haar man Lourens en hulle het twee seuns, Wilhelm (28) en André (25) na, asook haar ouers, vier susters, hul mans en kinders.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page