top of page

Get your advertisement here! 

Oorwinningsklok beier vir Andro


Terwyl Wêrelddag vir Bloedkanker op Dinsdag 28 Mei herdenk is, kon die 16-jarige Andro Blaauw van Grootfontein op Vrydag 24 Mei eindelik die klok lui toe hy sy laaste chemo-sessie ontvang het.


Andro, wat met osteosarkoom (’n tipe beenkanker) twee weke ná sy 16nde verjaarsdag gediagnoseer is, het onlangs ‘n operasie in Kaapstad ondergaan. Sy regter femur is onder leiding van prof. Keith Hosking verwyder en ’n prostese inplanting is gedoen.


“Andro het op Saterdag 25 Mei teruggekeur Namibië toe en sal vir die volgende twee jaar elke ses maande Kaapstad toe moet gaan vir opvolgbesoeke aan prof. Hosking in Kaapstad,” het Grootfontein se Johan Spangenberg gesê.

Johan is die administrateur van die Andro Blaauw Kankerfonds, waarin geld vir Andro se behandelings ingesamel is.


“Andro se eerste opvolgbesoek in Kaapstad is 17 Junie om seker te maak alles is reg met die prostese en die kanker is weg, maar alles lyk tans goed en Andro is optimisties,” het Johan gesê.


Intussen sal daar voortgegaan word om vir Andro geld in te samel om onder meer sy reiskoste na Kaapstad te dek. Johan sê daar word noukeurig rekord gehou van die geld.


(Die besonderhede is Andro Blaauw Kankerfonds, Bank Windhoek, rekeningnommer 2000 6109 77, takkode 482 473. Vir meer inligting kan Johan by 081 149 1263 gekontak word.)


Hulp vir Cha’risse


Intussen het nog ‘n vrywilliger ‘n plan beraam om geld vir die 13-jarige Cha’risse van Wyk van Grootfontein in te samel wat aan bloed- en beenmurgkanker ly.


Eugene Cloete ry tans met ‘n bromponie (scooter) van Pretoria, via Gabarone in Botswana, na Grootfontein en daarvandaan na Ondangwa, Swakopmund en Windhoek met die mikpunt om eindelik 3 084 km te voltooi. Hy het reeds op Dinsdag 28 Mei weggespring terwyl daar nog na borge vir sy roete gesoek word.


Dit volg nadat die soektog vir ‘n geskikte skenker vir ‘n beenmurgoorplanting vir Cha’risse nie kan voortgaan nie weens ‘n gebrek aan fondse. Cha'risse ontvang deurlopend chemoterapie vir bloed- en beenmurgkanker, wat elke maand sowat N$40 000 kos. Sy sal eindelik ’n beenmurgoorplanting moet kry, maar dit gaan sowat N$5 miljoen kos.


Vir meer inligting, kontak haar ma Charmain van Wyk (081 375 8142).


Bydraes vir Cha’risse kan gemaak word aan die Cha’risse van Wyk Kankerfonds, Bank Windhoek rek. nr. 803 577 0278, Grootfontein. Ds. Dirk de Vos van die NG-kerk administreer die rekening.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page