top of page

Get your advertisement here! 

Oesfees die naweek gehou

Grootfontein Boerevereniging bied op Saterdag 2 September weer hul jaarlikse Oesfees op die Grootfontein Skougronde aan, met verskeie vermaaklike aktiwiteite wat beplan word.



Daar word weer van 08:00 tot 16:00 ‘n skietkompetisie aangebied, met kindervermaak en ‘n “Farmer’s Cross Fit-kompetisie wat ook vanaf 10:00 aangebied word.

Die damesprogram begin om 13:00 met Minette van der Bijl as aanbieder, waarna die mansprogram om 14:00 begin met Agsci Unlimited se Richardt Venter wat ‘n praatjie oor kuilvoer sal lewer.

Cas Becker lewer om 16:00 ‘n motiverinspraatjie vir feesgangers, waarna pryse vir die dag se kompetisies oorhandig sal word. Mej. Oesfees word ook laataand gekroon, waarna ‘n dans eengebied sal word met Danie Prinsloo agter die mikrofoon.

Toegangsfooi is N$50 vir volwassenes en N$20 vir skoolkinders. Aandete sal vir N$100 te koop wees. Vir meer inligting, kontak Madelein Malan op 081 242 5456.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page