top of page

Get your advertisement here! 

Nuwe minerale-museum open op Tsumeb

Tsumeb het onlangs hul splinternuwe mineralogiese en mynmuseum ingehuldig, met die plan om eindelik meer as 300 minerale uit dié dorp se myn vir die publiek uit te stal.

Stokou kaartargiewe met fyn, handgetekende kaarte word ook hier bewaar.

Die museum, wat in die ou myn- en nywerheidsgebieds in die omgewing van Tsumeb se ou skagtoring geleë is, is die eerste van méér ou geboue en stellasies wat restoureer gaan word.

Volgens Clarissa Judmann, ‘n verteenwoordiger van die Duitse ambassade wat die geleentheid bygewoon het, is die ambassade ook betrokke by nog twee ander projekte op die perseel: Naamlik om die ou kragopwekkersaal en skagtoring te restoureer.

Terwyl die ambassade sowat N$300 000 bewillig het vir die restourasiewerk aan die nuwe museum, sal hulle verder betrokke wees by hierdie ander projekte, wat nog sowat twee tot drie jaar sal neem om te voltooi.

Die museum sal na verwagting ‘n aantreklikheid vir toeriste, geoloë en liefhebbers van geskiedenis hê.

Tydens die geleentheid het Zebra Kasete, besturende direkteur van Dundee Precious Metal Tsumeb, gesê Tsumeb is enige geoloog se “droom” en dat dit seldsaam is om soveel minerale op een plek te vind.

Hy het gesê tot dusver is sowat 310 verskillende soorte minerale in die dorp se myn gevind en dat dié syfer na verwagting nog sal groei.

Die dorp se burgemeester, Mathews Hangula, het gesê in 2021 het die dorpsraad, tesame met die Nasionale Erfenisraad, besluit om die historiese myn in ’n nasionale erfenisgebied te omskep, met die hoop dat dit dalk eindelik as ’n Unesco-erfenisgebied verklaar kan word.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page