Nuusbrokkies (25 Nov 2022)

Tweelingdorp in Botswana
Otjiwarongo munisipaliteit en die Kgatleng-streeksraadin ons buurland Botswana se samewerkings -ooreenkoms is vir die volgende vyf jaar hernu, nadat die eerste een in 2018 onderteken is.
Oshikoto-polisie is gereed
‘n Veiligheidsoperasie vir die feesseisoen is die afgelope Maandag by Tsumeb se padblokkade deur die Oshikoto-streek se polisie-bevelvoerder, Teopoline Kalompo-Nashikaku, geloods. Die streek, as ‘n deurgang vir die land se noordelike streke en buurlande, verwag ‘n groot getal reisigers tydens die feesseisoen.
Skenkings vir ouetehuise
Lede van die Dundee Gemeenskapstrust op Tsumeb het onlangs geskenkpakkies vir inwoners van die twee ouetehuise op die dorp gegee. Foto Tsumeb Munisipaliteit
Comments