top of page

Get your advertisement here! 

'n 'Ruimtehart' vir Valentynsdag?

Verlief of wat?



Die twee galaksies met die amptelike name NGC 4038 en NGC 4039 vorm klaarblyklik 'n hart.

Die foto deur Kent E. Biggs, wat vandag (7 Februarie) as Nasa se Foto van die Dag aangewys is, is twee van die mees bestudeerde galaksies in die naghemel wat met mekaar in interaksie tree. Die twee galaksies is net sowat 60 miljoen ligjare van die aarde af geleë, relatief "naby" in ruimteterme.

Die twee trek mekaar met sterk gravitasiekrag aan sedert hulle 'n biljoen jaar gelede ongewoon naby mekaar verbybeweeg het.

Hulle vorm ook nuwe sonne soos hul interstellêre gasse bots en sommige hiervan kan gesien word in hul lang sterte.

Wanneer die twee galaksies oor 'n biljoen jaar van nou af finaal saamgesmelt het, sal dit na verwagting biljoene nuwe sterre gevorm het.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page