'n Flambojante seisoen
Die boom is eintlik inheems aan Madagaskar, maar is reeds wêreldwyd geplant, vanweë sy pragtige blomme.
Hulle staan tans vlamrooi in die strate van Otjiwarongo, Tsumeb en Grootfontein - Delonix regia, beter bekend as die Flambojant-boom of soms ook die vlamboom.
Somer sinoniem met blomme
Die boom is eintlik inheems aan Madagaskar.
Dit het varingagtige blare en blom gewoonlik sodra die somer aanbreek.
Dit dra sy blomme in trosse. Elke blom het vyf petale. Dikwels het een van die blomblare wit vlekke op terwyl die blom nog jonk is, maar dit raak ook rooi namate die blom verouder.
Drie soorte van die boom kom voor – een waarvan die blomme oranje-rooi, dieprooi asook goud is. Goud is die skaarste een. ‘n Enkele boom blom dikwels vir twee tot vier maande lank.
Wydverspreid
Die boom kom ook wydverspreid in Suid-Afrika voor op plekke soos Durban, asook elders in die wêreld.
Oraloor die wêreld het dit ook al verskillende name begin kry.
Die Flambojant-boom se sade kan baie lank neem om te ontkiem – enige iets van 12 tot 349 dae en daarom word dit aanbeveel dat die sade vooraf behandel word, om die proses te versnel.
Dit is ‘n gewilde kandidaat om bonsai-boompies van te maak en ‘n flambojant-boom kan maklik ouer as 50 jaar word.
Comments