top of page

Get your advertisement here! 

“Grootskou” is trots!

Grootfontein het van 18 tot 20 September 2024 ‘n baie suksesvolle skou aangebied, met besoekers wat Vrydag meer as verdubbel het teenoor laasjaar. 



Skougangers was boonop vol lof vir die skou, waar baie geboue vanjaar ‘n nuwe lagie verf kon kry en die skouterrein versier en mooigemaak is deur die skoupresident, Nita Pretorius. 

Meer uitstallers was teen-woordig as vantevore, ‘n verskeidenheid van kinder-vermaak is aangebied en die bees-, kleinvee- en perde-afdelings het met ‘n groot aantal inskrywings gespog. 

Die vlotoptog op Woensdag deur die dorp was ‘n hoogtepunt, met vlotte wat kleurvol volgens die tema “Hippie happy sixties” opge-maak was. 


Veeskoue

Altesaam 14 telers het vanjaar 240 stuks kleinvee ingeskryf - ‘n nuwe rekord-getal vir Grootfontein. 

Daar was altesaam 84 klasse,

met  Tiefburg Boerdery se 16-jarige Johannes Steyn wie se  Persie-ooi as die Kampioen van Kampioene gekroon is. 

Onder die beeste is Hardus Breedt se Simbrabul Rumba Limbo as die Kampioen van Kampioene aangewys. 

'n Brahmaan-koei van Kaspar Günzel is as die Select Cow of Superkoei aangewys. Die koei is 17 jaar oud, het 'n TKP van 374 dae en het reeds 14 kalwers gehad.

Grootfontein se beesskou is ondersteun deur 15 telers wat  128 diere ingeskryf het. Die Saalperde het vanjaar hul Namibiese Kampioenskappe op Grootfontein gehou, met verskeie perderasse wat kom skou het: Vlaam- of Friesperde en Arabierperde was ook te sien. 

Volledige uitslae op die Grootfontein Show Society-Facebook-blad. 


Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page