top of page

Get your advertisement here! 

Byeboere maak geskiedenis

Terwyl planne vir ‘n gemeenskapsbyeplaas op Otjiwarongo klaarblyklik vlamvat, het Namibiese byeboere die afgelope week geskiedenis gemaak toe die grootste aantal byekorwe nóg vir bestuiwing op Rundu se bloubessielande uitverhuur is.


Otjiwarongo se Dieter Radeck (foto), sekerlik die grootste byeboer in die land, staan aan stuur van die inisiatief om sowat honderd byekorwe vir bestuiwingsdoeleindes aan Mashare te verhuur. Dieter het ook ander kleiner en jongboere ingekry om hom te help. Dit sluit in Chris Lemmer, ‘n jong byeboer uit Windhoek wat self tien kaste na Mashare sal stuur. 

“Ek kan nie ‘n honderd kaste alleen hanteer nie,” sê hy. Dieter besit tans sowat 180 byekaste – dit het ietwat verminder weens vanjaar se uitmergelende droogte. 

Die verskuiwing van byekorwe oor bykans 500 km tot by Rundu laat hulle egter met groot logistieke uitdagings, juis omdat bye in die nag vervoer word. “Ons moet altyd die eindbestemming bereik voor die son sewe-uur opkom. Dit word in die nag gedoen, want die bye is bedags aktief. As jy in die dag met ‘n lorrie bye deur byvoorbeeld Tsumeb se hoofstraat ry, sal niemand daar kan bly staan nie – die bye sal te kwaai wees,” lag hy. 

Dieter verduidelik die bye is gewoonlik ook kwaad as hulle by ‘n nuwe plek afgelaai word. “Vir die eerste twee tot drie dae kan geen mens by die boorde kom nie. Ons Namibiese bye is werklik van die mees aggressiewe bye ter wêreld,” sê hy. 

Hy sal voorts twee-weekliks ‘n besoek aan Mashare aflê om seker te maak dit gaan goed met die bye. “Bloubessies bied nie werklik goeie kos vir bye nie, jy moet hulle nog steeds voer. Die bye sal tussen agt en tien weke daar bly,” sê hy. 

Hy sê plaaslik word byekorwe vir N$1 000 tot N$1 800 per week uitverhuur, maar dat brandstofpryse en ander onkoste dit ‘n moeilike som maak. In Suid-Afrika word bye R1 800 tot R2 500 per week uitverhuur. 


Byeplaas 

Dieter het reeds in 2023 in ‘n brief ‘n voorstel aan die munisipaliteit op Otjiwarongo gemaak vir ‘n gemeen-skaplike byeplaas by die dorp, waar inwoners en byelief-hebbers hul korwe kan aan-hou, terwyl dit ook as ‘n plek kan dien waar skole en be-langstellendes oor bye kan leer. 

Hy sê die dorp ervaar baie probleme met bye wat ver-wyder moet word en hyself het nie meer plek, tyd of geld om die bye aan te hou wat hy verwyder nie. Sy eie korwe hou hom voltyds besig.

“Die goeie nuus is, die munisipaliteit het 8 ha se grond vir die gemeenskaplike byeplaas toegestaan teen ‘n huurprys van sowat N$100 per maand. Sover ek weet is dit ‘n eerste vir Namibië. Nie net is dit goed vir die omgewing nie, maar ook vir die bye en byeboere wat nie plek het om hul korwe aan te hou nie. Dalk kan ons op die manier meer byeboere maak en selfs werk skep!” sê Dieter.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page