Bok-tokse vir Cha’risse
As jy graag jou hande op die nommer 13-rugbytokse van die Springbok Duane Vermeulen wil hê, is hierdie jou kans om dit vir ‘n goeie doel te koop.

Die 37-jarige Duane, wat onlangs die laaste keer as nommer 8 vir die Suid-Afrikaanse rugbyspan uitgedraf het toe die Springbokke die wêreldbeker gewen het, het sy rugbytokse geskenk sodat dit ten bate van Grootfontein se Cha’risse van Wyk opgeveil kan word.

Al die geld wat met die veiling ingesamel word, sal ten bate van Cha’risse gaan - die 13-jarige Grootfonteinertjie wat aan bloed- en beenmurgkanker ly en wie se mediese behandeling meer as N$40 000 per maand kos (Sien die volle artikel oor Cha’risse in Oktober se Oh!SixSeven).
Die nuus kom nadat Duane en Appel, die Suid-Afrikaanse sanger wat bekend is vir treffers soos “Foute” en “Nonna” onlangs in die noorde van die land gekuier het vir ‘n ander fondsinsamelingsgeleentheid.
Appel het in ‘n video ‘n beroep om ieder en elk gemaak om die veiling en sodoende die Van Wyk-familie te ondersteun. Beide Appel en Duane het elkeen op ‘n skoen geteken.
Comentarios