top of page

Get your advertisement here! 

Barenbrug gee raad oor lusernplant

  • Writer: 067triangle
    067triangle
  • May 5
  • 1 min read

Abel Nel, tegniese bestuurder van Barenbrug Suid-Afrika vir die Afrika-streek, het tydens ‘n

klompie inligtingsdae – een daarvan op Grootfontein op 9 April – sy kennis gedeel oor die

aanplanting van lusern, hawer en dekgrasse.


Die inligtingsdae, wat ook op Stampriet, Hochfeld en Summerdown aangebied is, het gefokus op suksesvolle lusernverbouing.

"Jou sukses hang af van die regte kultivarkeuse, goeie grondvoorbereiding, en volhoubare bestuur," het Abel gesê.

Faktore soos dormansiegraad, grondtipe, pH-vlakke, saad-diepte en wisselbou speel ‘n kritieke rol in vestiging en die opbrengs van lusern. Abel het ook gewaarsku teen die nadelige effek van herhaalde aanplantings op dieselfde land.

Verskeie kultivars is voor-gestel, elk met unieke eienskappe: Bar 7 is gehard en betroubaar, RS Steel hanteer strawwe toestande goed, en Bar Alpha 10 groei vinnig maar verg goeie bestuur. Die sukses van ‘n oes word grootliks beïnvloed deur saaidigtheid en korrekte oespraktyke, met navorsing wat toon dat tussen 80 en 115 plante per vierkante meter die hoogste opbrengs lewer. Die regte bestuur, van grondvoorbereiding tot baal-hantering, bepaal uiteindelik die winsgewendheid van lusernproduksie.

Verder het Abel klem gelê op voldoende waterbestuur en die belangrikheid van hoë proteïeninhoud in die blare van lusern. Hy het boere aangemoedig om diep en eenvormig nat te maak en op die regte tyd jou lusern te sny.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page