top of page

Get your advertisement here! 

Blomme Marilize se passie

  • Writer: 067triangle
    067triangle
  • Jan 30
  • 1 min read

Updated: Feb 3

Toe Marilize Oosthuisen in 2021 haar oorlede skoonma se blomboerdery oorgeneem het, kon sy nie in haar wildste drome dink dat dit vir haar sou verander in ‘n passie nie. Deesdae lewer sy Lisianthus, Ranonkels, Leeubekkies en Dahlias gereeld in die omgewings van Grootfontein en Tsumeb, en selfs so ver as die kus.



“Ek beskou dit as ‘n groot voorreg om die werk van my skoonma, Jantie, op ons familieplaas, Poolmaskloof, in die Grootfontein-vallei voort te sit.

Marilize het drie tonnels en haar droom is om almal vol te plant. “Blomme is egter ‘n intensiewe werk. Dit sal tyd neem,” sê sy.  Haar tonnels is 7 m by 20 m met vier beddings binne elkeen. ‘n Bedding kan sowat 200 plantjies huisves.

Sy het ‘n verskeidenheid van Lisianthus – wit, sjampanje-kleur, wit-en-pienk, groen en diep pienk. Sy het intussen nog agt verskillende kleure bestel. “Jy wil ook nie hê al jou blomme moet op een slag blom nie.”

Marilize se jong dogter Ané help ook met die blomme as haar skoolskedule dit toelaat en sy glo dit leer haar ook lewenslesse, soos om nie net op te gee as dinge nie maklik gaan nie.  

Haar grootste inspirasie is haar eie ma, haar gesin en sy is dankbaar teenoor haar Skepper wat hierdie vir haar moontlik maak.


 
 
 

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page