top of page

Get your advertisement here! 

067-boer maak unieke ‘kunsmis’

Johan Tromp van Inventec op Otjiwarongo se organiese kunsmis wat hy van swakara-wol maak, lewer klaarblyklik ook uitstekende resultate op diere, buiten vir die voordele wat dit vir groente- en vrugteplante inhou.



Johan maak ’n vloeibare kunsmis van swakara wol – ’n produk wat andersins meestal as nutteloos beskou word omdat daar nie werklik ’n mark daarvoor bestaan nie.


Hy het die unieke produk sowat vier jaar gelede ontwikkel het sedertdien toets hy dit op verskeie maniere  - die jongste is om dit in die drinkwater van skape en beeste op sy plaas naby Otavi te gooi. Hy het dit aanvanklik op twee ou henne getoets wat nie meer eiers gelê het nie, net om kort daarna te sien hulle loop weer met kuikens rond.


Die toetse op sy beeste en skape werp ook vrugte af – met sy speenkalwers wat in die winter nou 25 kg swaarder is teen die tyd wat hy hulle veiling toe aanry en sy tien maande oue swakara-slaglammers wat 20 kg uitslag. “By ons in die Noorde is daar ‘n groot tekort aan fosfaat in die weiding en dit veroorsaak dat skape ietwat sukkel om gewig aan te sit. Dit maak die resultate nog meer besonders, sê hy.


‘n Merkbare verandering is dat die vee se lek-inname tot met die helfte verminder het, vertel hy.

Die terugvoering van mense wat sy produk gebruik is ook baie positief: Tuinbouers op Keetmanshoop sê hulle oes tans waatlemoene buite die seisoen, Rundu-boere haal tot 312 bale lusern per ha op hul lande af asook massiewe patats uit die grond. Almal skryf die sukses toe aan Johan se Inventec kunsmis.


Proewe

Die maak van kunsmis uit swakara-wol is nog nooit vantevore plaaslik gedoen nie, maar ‘n soortgelyke produk word van skaapwol in Europa gemaak en navorsing toon dié produk kan tot vir ses maande lank noodsaaklike voedingstowwe aan die grond verskaf.


Dit maak plante se wortels sterker en is ’n goeie bron van stikstof en kalium. Boonop word daar beweer dat dit goeie grondstruktuur bevorder en help met die behoud van vog in die grond, volgens die navorsing.


Johan sê egter bogenoemde konsentraat-kunsmis word meestal van merino-wol gemaak, maar dat die wol glad nie dieselfde eienskappe het as dié van swakara-skape het nie. Hy is van mening dat swakara-wol selfs beter is.


“Die swakara-wol word met ’n tipe ‘aktiveerder’ behandel en vir fermentasie in groot tenks opgehang – amper soos ’n teesakkie. Daarna tap ek dit in emmers af. Dit is dan die konsentraat waarvan ek 200 ml op 20 liter water gebruik,” sê hy.


Johan verkoop die kunsmis in 20 liter-emmers konsentraat uit Otjiwarongo en ook met behulp van agente landswyd. Dit kos N$460 per emmer, terwyl hy ook vir boere wat op grootskaal plant, sakke verkoop wat hulle self vir twee weke lank in 5000 liter watertenks kan laat fermenteer. Hy kan by 081 1241916 gekontak word.

 

'n Kruiwa vir die langpad

Johan het ook ‘n staalonderneming op Otjiwarongo, waar hy onder meer kruiwaens maak wat gebou is om te hou. Teen N$1 999.99 is sy kruiwa duurder as die wat jy in ‘n hardewarewinkel kry, maar van veel beter gehalte en is dit bewys om jare lank te hou.

Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page