top of page

Get your advertisement here! 

Kwinkslae en gasvryheid by Otavi-wynboorde

Midde die groot nuus dat twee bottels wyn van Otavi-wynboord se Boshoff familiewyne nou by die gesogte en ikoniese Cité du Vin-museum in Bordeaux uitgestal word, het Sarien Fourie gaan aanklop by die wynmakers en is op staaltjies, kwinkslae trakteer en met groot gasvryheid. 



“Jy moet die aarde in die goed proe!” sê Gilmar Boshoff, wyn-maker en eienaar van Otavi Vineyeards & Self-Catering Accomodation.

Die familieplaas is 13 km buite Otavi op die B8 geleë en is een van net vyf wynplase in Namibië. Gilmar vertel tong-in-die-kies hoe ‘n wynmaker van Frankryk toevallig op die plaas oorgebly het en van hul bottels se bont etikette gehou het. Sy het twee bottels saamgevat – die einste twee wat in die museum beland het. “Die bontgeit is darem iets wat dit seker laat uitstaan daar tussen al die ander,” lag hy.

Die Boshoff-familiewyne is egter besonders en hul Syrah –  ‘n eerste van sy soort wat vir 22

maande lank in ‘n eikehoutvat gestoor is – het ‘n goue medalje ontvang by die Michelangelo International Wine & Spirit Awards asook ‘n silwer medalje by die Vitis Vinifera Wine & Spirit Awards. Eersgenoemde is ‘n Suid-Afrikaanse kompetisie wat aan topwyne van oraloor die wêreld erkenning gee. Die tweede gee erkenning aan hoë gehalte wyne.

Die wynmaker-span bestaan uit Tamara Vucic, Gilmar se vrou en finansiële bestuurder; Diane Pusch, die bestuurder en assistentbestuurder Corné de Roubaix. Op die vraag wat die wyn by Otavi Vinyards lekker maak, antwoord hy: “Corné maak dit lekker!”

Gilmar sê andersins is hy ‘n ‘glorified’ sekuriteitswag, want een van sy grootste verant-woordelikhede is om die bobbe-jane elke kort-kort te verwilder of uit te oorlê. Hulle steel graag en ken al al die werkers se karre en roetine!

Gilmar vertel alles het begin toe hy in 2014 die eerste druiwestokke met “‘n graaf van ‘n sleepwa af” geplant het. In 2018 word die eerste 800 bottels wyn van daardie oes gemaak.

Die wingerde word volgens organiese beginsels bewerk en produseer natuurlike wyne wat die ‘terroir’ weerspieël waarin dit groei.

“Die wyn moet die klimaat, die grond, die son en die tradisies van Namibië verteenwoordig,” sê Gilmar.

Hy was ‘n kunsstudent in die Kaap voor hy sy eie wynbedryf in Namibië begin het. Sy pa Bert, ‘n dokter, moes vantevore ‘n vriend in ‘n noodgeval met ‘n helikopter vlieg. Hulle het op hul grond by Otavi geland en sy pa het vir sy vriend gevra wat hy met so ‘n stuk grond sou maak. “Dit lyk dan vir my net soos die wêreld daar by die Robertson-wingerde,” het die vriend opgemerk.

Die res is geskiedenis – “wyn-geskiedenis” vir Namibië.

Boshoff Wines het tans verskeie wyne beskikbaar, waaronder vyf produkte in die Katholischer wynreeks, wat reeds sy merk gemaak het in die Namibiese, Suid-Afrikaanse en wêreldwye wynmarkte.

Hulle spog ook met wyne soos White Catholic, the Blushing Catholic, the Red Catholic, the Bubble Catholic en the Fiery Catholic.

Comments


Commenting has been turned off.
oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest
bottom of page