top of page

Get your advertisement here! 

Ds. Jan tuis ná 50 jaar

“Ek het nie gekom om af te tree nie, maar om aan te tree. ‘n Sanger tree óp! Ek wil oraloor die land toer, mense bemoedig - ook op die klein plekkies op die platteland." Só gesels die bekende dominee Jan de Wet, wat tuis is na 50 jaar in Suid-Afrika en nou op Swakopmund woon. 

“Daar is vir my niks lekker-der as om die woord te bedien nie. Solank my kragte hou en ek gesond is, doen ek dit. Ek word nou 75, maar ek voel nog lekker jonk!” 

Hy het op Saterdag en Sondag 6 en 7 April ‘n draai op Grootfontein kom maak, waar hy tydens ’n boerdag oor “moedhou, kophou, bekhou en aanhou” met boere gepraat het en daarna ‘n diens in die dorp se AGS-kerk gehou het. 

“Die ergste wat met jou kan oorkom is nie moeilike om-standighede of die droogte nie, maar dat jy nie meer kans sien om aan te gaan nie. 

“‘n Ou Afrikaanse slagspreuk lui só: ‘As jy jou geld verloor, het jy iets verloor. As jy jou gesondheid verloor, het jy meer verloor. As jy ‘n geliefde verloor, het jy báie verloor. As jy egter moed verloor, het jy alles verloor,” het hy aan die gehoor gesê, met mense wat tot die einde van sy praatjie aan sy lippe gehang het. 

Ds. Jan het sy loopbaan as ‘n Afrikaans-onderwyser vanaf 1973 tot 1975 op Otjiwarongo begin, waarna hy Suid-Afrika toe is om teologie te gaan studeer. Sy webwerf sê hy was ‘n NG-predikant by ‘n Somerset-Wes-gemeente, voor hy in 1983 met onafhanklike musiekbedie-ning begin het en so ver as in Amerika, Duitsland, Switser-land, Nederland, België, Frankryk, Nieu-Seeland, Aus-tralië en die Verenigde Koninkryk gaan sing het. Terwyl hy vir talle noorde-kinders skool gehou het, sal vele jonges hom onthou as die “dominee op die TV” wat verskeie godsdiens-tige liedere saam met kinders gesing het. 


 “Toe ek destyds op Otjiwarongo skool gehou het, het ek opgelet baie kinders praat van ‘n ‘hose pipe’ in stede van ‘n tuinslang. 

“In ‘n toets vra ek toe hulle moet ‘n sin met die woord ‘tuinslang’ maak. Een outjie skryf: Ek het ‘n groot tuinslang in ons tuin gekry, toe gaan haal my pa die ‘hose pipe’ en slaan hom morsdood!” 


Hoop

Tydens die boeredag het hy na Romeine 15:13 verwys en aan boere vertel God is hulle hoop – ook in tye van droogte en moeilike omstandighede. Dit is egter die gelowige se werk én keuse om moed te hou. “As jy die mosterdsaad van geloof het, kan ek sien dat jy selfs in die droogte nog geloof, hoop en moed het.” 

Hy het bygevoeg boere moet “kophou” deur nie negatiewe gedagtes toe te laat nie en verwys na Romeine 12 waar Petrus sê ‘laat jul lewe vernuwe word deur die vernu-wing van jul denke’. 


Vrees

“Die Bybel sê ‘moenie vrees 

nie’. 2 Timoteus 1:7 sê God het ons nie 'n gees van vreesag-tigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Die oorspronklike woord is sóphronismos, wat na Engels as ‘n ‘sound mind’ vertaal. Dit beteken die gelowige se kop bly ‘ingehaak’ as al die ander ouens s’n ‘uithaak’! 

Wees vasbeslote om te wen. Die Bybel sê wie volhard tot die einde toe, kry die oorwinnaarskroon.”

Ds. Jan sê jy moet ook ‘bekhou’ en waak oor negatiewe woorde. “Ek ken ‘n ou omie wat altyd positief is oor sy ouderdom. Hy sê jy is oud as jou neus loop, maar jou bene wil nie. Of as jou rug meer uitgaan as jy. Of as jy jou hare op jou kop verloor en jy groei dit deur jou neus! Daar is drie dinge wat gebeur as jy oud word. Die eerste is, jy begin vergeet. En die ander twee kan ek nie onthou nie!”



Comments


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page