Dolgelukkig in Namibië
- 067triangle
- Jun 27
- 3 min read
Tanja Bause
“Otji-wat?! was die eerste gedagte wat deur my kop gegaan het toe Stefan vir my sê hy het werk in Otjiwarongo gekry en ons trek soontoe." So gesels Otjiwarongo se mooie Anelle Ludik, voorheen 'n aktrise wat bekend is vir haar hoofrol in die Afrikaanse fliek Sonskyn Beperk, maar ook haar verskyning in 7de Laan as Suna Bosman gemaak het en in The Real House-wives of Pretoria te sien was.

“Otji-wat?!” was die eerste gedagte wat deur my kop gegaan het toe Stefan vir my sê hy het werk in Otjiwarongo gekry en ons soontoe trek,” vertel “Otjiwarongo se aktrise”. Anelle Ludik, wat veral bekend is vir haar hoofrol in die Afrikaanse fliek Sonskyn Be-perk. Anelle, ‘n gebore Suid-Afrikaner en vrou van die geliefde Namibiese sanger-akteur Stefan Ludik, sê sy wou nog altyd ‘n aktrise wees. Die hoofrol in Sonskyn Beperk het vir haar sekerlik die meeste beteken.
“Ek moes bitter hard werk om die rol te kry. Ek moes teen die model Tanya van Graan en ak-trise Tinari van Wyk meeding. Ek het seker vyf call-backs gehad. Elke keer het ek ná die tyd hardop in die kar gesê: “Dié is my rol!”
“Ek het aangehou om die rol oor my lewe te spreek. Ek dink nie mense besef hoe kragtig ‘n mens se denke is nie,” sê sy. Anelle, wat ‘n honneurs-graad in drama aan die Pretoria Tegnikon verwerf het, het ook die rol van Suna Bosman in 7de Laan vertolk. Sy was ook in The Real House-wives of Pretoria te sien.
Stefan het in Binnelanders die rol van dr. Gustav Kemp ge-speel - en dis hier waar hulle ontmoet het. “Ek het hom op die Binnelanders-stel in 2012 die eerste keer ontmoet, maar net ’n baie skaam en uit-die-veld-geslane ‘hallo’ van hom af gekry.”
Namibië
Stefan het al baie vroeg in hul verhouding, nog voor hulle verloof was, vir Anelle gevra of sy ooit saam met hom terug Namibië toe sou trek.
“Ek moet bieg, ek het daardie dag selfs nóg liewer vir hom ge-raak toe ek besef ek is reeds in sy gedagtes oor die toekoms. Toe ons uitvind ek is swanger met Leonard, het ons besluit om Namibië toe te trek. Otjiwarongo was nie eers ’n gedagte in my kop nie – ek het gedink ons sou seker Windhoek of Swakopmund toe trek, want dis al plekke wat ek toe geken het.”
Stefan het aansoek vir werk in Namibië gedoen, en toe het ’n deur in Otjiwarongo oopge-gaan. Die paartjie en hul eers-gebore seun Leonard het daarheen getrek.
“Leonard was drie maande oud toe ons getrek het. Ons kon in Timbuktu ook gewees het, dit sou nie saak gemaak het nie, want ek was redelik oorweldig met moederskap. Ek wou net hierdie klein lyfie grootmaak en die beste ma wees wat ek kon. Dit het definitief gehelp om stelselmatig aan die platte-land gewoond te raak.”
Vandag kan sy aan geen beter plek vir haar familie dink nie.
“Leonard en Abbygail het selfs ’n spesiale hopie modder-klere in hul kaste, want om in die modder te speel, maak hulle só gelukkig.”
Gemeenskap
“Diegene wat Theo’s Superspar beheer, is ook aan die stuur van die Multi-purpose Centre in Orwetoweni. Kos word daagliks aan tussen 65 en 80 kinders gegee. Wyle Theo het van die begin af gesê: géén kind in Otjiwarongo mag honger gaan slaap nie.”
“Ek help in Desembers – dan samel ons speelgoed en klere vir die kinders in vir Kersfees. Dan ry ek en ons twee kinders, Leonard (6) en Abbygail (4), deur die strate en deel persen-tjies uit. Ons het ’n dorp wat met soveel liefde gee en help waar hulle kan. Otjiwarongo se mense is net iets anders – regtig kwaliteit mense met omgee-harte.”
Anelle is tans ook weer besig met die Winterprojek, waar warm klere en komberse vir minderbevoorregte mense in informele nedersettings inge-samel en uitgedeel word.
“Ek dink as ‘n mens iets het om te gee, moet jy gee. Die verskil –al is dit hoe klein – is eintlik bitter groot. Maar weereens, dis lekker om só iets te doen met die hulp van ’n gemeen-skap wat graag gee.”
Die Dierebeskermingsverenig-ing (DBV) lê haar ook na aan die hart.
“As ek kan help, sal ek seker eerste by die DBV help. Ons het self al twee DBV-katjies en ’n woef by ons huis. As ek mense kan aanmoedig om die DBV met kos of donasies die DBV te help, doen ek dit met ’n glimlag.”
Hoogtepunt
“My man en my kinders is die middelpunt van my lewe. Ek het nie geweet wat liefde is nie tot eers Stefan, en toe ons twee kabouters deel daarvan geword het.
“Moet nooit ophou droom nie. As jy hard genoeg werk vir iets,
kan jy dit bereik. My gunsteling sêding – en ek sê dit baie vir ons kinders ook: “If you can be anything in this world … be kind.”
Comments