top of page

Get your advertisement here! 

Die reën is op pad!

Die voortslepende La Niña asook 'n koel Indiese Oseaan bly goeie nuus vir Namibië.


Gemiddelde tot bogemiddelde reën word tussen Desember en Februarie verwag. Warm tot bloedige warm weer word voorspel.


Die onafhanklike landbou meteoroloog Johan van den Berg meen dat Namibië se reënvenster nou wyd oop sal maak, met gemiddelde tot bogemiddelde reën wat van nou tot in Februarie verwag word.Hy sê terwyl die huidige La Niña net van gemiddelde sterkte is, is dit goed gevestig.

Nog beter - die Indiese Oseaan is koeler as normaal - nog 'n faktor wat 'n sterk positiewe invloed op Namibië se reënseisoen het.

Namibië moet egter warm tot bloedige warm weer in die volgende weke verwag.

Hierdie is die derde agtereenvolgende jaar wat La Niña-toestande posgevat het en goeie reën vir Namibië bring.


Australiërs se November-opdatering

La Niña duur voort in die tropiese Stille Oseaan. Atmosferiese en oseaniese aanwysers van die El Niño Suidelike Ossillasie (ENSO) weerspieël 'n volwasse La Niña.

Die negatiewe Indiese Oseaan-dipool duur voort, wat beteken die see is ietwat koeler as gewoonweg.

Vir die eerste keer vanaf Junie het die dipool 'n neutrale waarde gewys. Tog bly wolk- en reënpatrone ooreenstem met dit wat tipies van 'n negatiewe dipool verwag word.

Commentaires


oh!sixseven.png

Hi, thanks for stopping by!

Own a business? Want to reach customers in the 067-valley? We can help!

Let the news
come to you.

Thanks for submitting!

  • Facebook
  • Instagram
  • Twitter
  • Pinterest

Oh!SixSeven, telling our most inspiring stories!

Let us know what's on your mind

Thanks for submitting!

© 2035 by Turning Heads. Powered and secured by Wix

bottom of page